"Om in Vader se Woord in te delf is om van daai “Lewende Water” te drink waarvan Yeshua praat. Hoe meer ek dit drink, hoe meer dors ek vir daai water!"
Michael Steyn
VERLOSSINGOm verlos te word van dit wat jou bind in slawerny om die skeppingsdoel te leef wat Vader nog altyd vir jou het.
|
AANBIDDINGOm in Waarheid en in Gees te aanbid en Sy tasbare, manifesterende teenwoordigheid te ervaar
|
WOORD"Dit is die eer van God om 'n saak te verberg, maar die eer van konings om 'n saak na te speur"
|
Elkeen van ons voel soms skaam, skuldig en naak êrens in ons lewens want ons is mens en maak foute, maar Vader roep ons om Hom te nader ten spyte daarvan.
Miskien voel jy leeg want dit voel as jy ver is van Abba Vader en nie Sy stem hoor nie.
Dalk wil jy graag dieper delf in die Woord maar jy voel oorweldig en weet nie waar om te begin nie
Voorsien jou naam, epos en selnommer
Ontvang daaglikse dagstukkies op WhatsApp
Die Lewende Woord het die krag om lewens te verander
By Houtkruis weet ons dat jy in volle vennootskap met Abba Vader wil stap. Om dit te doen moet jy toegerus wees met ‘n dieper kennis van Sy Woord. ‘n Algemene probleem is dat daar onrealistiese verwagtinge geskep word wat jou skaam, skuldig en naak laat voel. Ons voel dan ook dat ons nie genoeg groei in intimiteit met Hom nie, maar by Houtkruis glo ons dat jy in Abba se beeld geskape is – uniek volgens skeppingsdoel. Ons verstaan dat dit oorweldigend kan wees en dat dit jou skuldig of moedeloos kan laat voel. Daarom het Abba dit op ons harte gelê om ‘n plek te skep waar jy kan deel word van ‘n geestelike familie wat jou toerus in Sy Woord, opbou en ondersteun en as sulks help om jou skeppingsdoel te ontdek.
Ons verstaan dit is ‘n groot besluit om jou lewe te verander en tyd af te staan, so vul jou besonderhede hier in en laai gerus die volgende 3 videos gratis af om ‘n voorsmaak te kry van watse diepte daar in die Woord is: