top of page
13.jpg
WELKOM BY
Houtkruis-logo

Word deel van 'n geestelike familie waar die waarheid jou vrymaak en jy so jou skeppingsdoel kan ontdek.

Dienstye:

Shabbat dae (Saterdae):

09h00 tot 11h00

Woensdae - Evangelie:

8h30 tot 10:00

Vrydae - Handelinge:

06:00 tot 08:00

the-carpenter-works.jpg

Verlossing

Om verlos te word van dít wat jou in slawerny bind om sodoende die skeppingsdoel te leef wat Vader nog altyd vir jou het.

82-sml.jpg

"Dit is die eer van God om 'n saak te verberg, maar die eer van konings om 'n saak na te speur"

Spreuke 25:2

olives-on-olive-tree.jpg

Om in waarheid en in gees te aanbid en Vader se tasbare, manifesterende teenwoordigheid te ervaar.

woman-using-compass-and-map-while-hiking-in-the-fo-2023-11-27-04-52-58-utc43_edited_edited

Waarmee is ons tans besig?

HOUTKRUIS BEDIENING WEEKLIKSE SKEDULE
19.png
DIE WEEK SE PARASHAH
Parashah 8 - Vayishlach 10 - Dinah se verkragting (deel 3)
18:54
Parashah 8 - Vayishlach 10 - Dinah se verkragting (deel 3)
18:54
Parashah 8 - Vayishlach 3 - Yeshua leer ons oor vrees
15:41
Parashah 8 - Vayishlach 2 - Geloof in die beloftes van Abba
17:42
Parashah 8 - Vayishlach - 1 Inleiding
17:37
Parashah 8 - Vayishlach 4 - Jakob moet Esau ontmoet
20:40
Parashah 8 - Vayishlach - 5 Jakob se naam verander
18:33
Parashah 8 - Vayishlach 6 - Jakob worstel
19:25
ons-reis-vorentoe

Ons almal voel soms...

SKAAM, SKULDIG EN NAAK

Elkeen van ons voel soms skaam, skuldig en naak êrens in ons lewens want ons is mens en maak foute, maar Vader roep ons om Hom te nader ten spyte daarvan.

LEEG

Miskien voel jy leeg, want dit voel asof jy ver van Abba Vader is en nie sy stem kan hoor nie.

OORWELDIG

Dalk wil jy graag dieper delf in die woord maar jy voel oorweldig en weet nie waar om te begin nie.

“Een Sabbat-oggend, 01:30 val ek voor Pappa se voete neer in my bidkamer. Ek vra: 'Abba, wat is tog die nut van gebed as niks dan gebeur nie?'

 

Heilige Gees bedien my daar op my knieë en hernude krag vloei deur my binneste. Later, toe ek Pappa se huis binnetree is die tema van die onderrig: 'Hoe lyk jou gebedslewe?'

 

Wow! Abba het ons boetie Louis voorberei om ons uit die stof te haal en weereens te beklemtoon dat ons gebedslewe ʼn baie ernstige saak vir Hom is!

 

Wat ʼn voorreg om aan ʼn geestelike familie soos Houtkruis te behoort! ʼn Familie waar ons nie versuim om die onderlinge byeenkomste te onderhou nie, ʼn familie waar ons Abba se woord bestudeer en waar sy woord die hoogste outoriteit dra en meer as alles: waar ons ʼn huis van gebed is!

 

Ek voel so geliefd en spesiaal tussen ons Houtkruis-familie en is so geseënd om ʼn veilige geestelike heenkome te hê.”

Ida Maritz
pottebakker

By Houtkruis...

By Houtkruis weet ons dat jy in volle vennootskap met Abba Vader wil stap. Om dit te doen moet jy toegerus wees met ʼn dieper kennis van sy woord. ʼn Algemene probleem is dat daar onrealistiese verwagtinge geskep word wat jou skaam, skuldig en naak laat voel. Ons voel dan ook dat ons nie genoeg in intimiteit met Hom groei nie, maar by Houtkruis glo ons dat jy in Abba se beeld geskape is – uniek, volgens skeppingsdoel. Ons verstaan dat dit oorweldigend kan wees en dat dit jou skuldig of moedeloos kan laat voel. Daarom het Abba dit op ons harte gelê om ʼn plek te skep waar jy kan deel word van ʼn geestelike familie wat jou toerus in sy woord, opbou en ondersteun, en as sulks help om jou skeppingsdoel te ontdek.

HOE WORD JY DEEL?

REGISTREER

Voorsien jou naam, epos en selnommer.

ONTVANG WOORD

Ontvang daaglikse dagstukkies op WhatsApp.

BELEEF VERANDERING

Die Lewende Woord het die krag om lewens te verander.

WAT KAN JY VERWAG VAN HOUTKRUIS?

Ons verstaan dit is ʼn groot besluit om jou lewe te verander en tyd af te staan, so vul jou besonderhede hier in en laai gerus die volgende drie video’s gratis af om ʼn voorsmaak te kry van die diepte van die Woord:

79-edited-sml.jpg

Gebed & Intersessie

GEBED & INTERSESSIE is ’n priesterlike roeping, soos die Leviete van wat in diens van Abba Vader gestaan het. Vandag is intersessors dié wat in Abba se teenwoordigheid intree vir die bruid van Yeshua. ’n Intersessor dra Sy teenwoordigheid, leef in intimiteit met Hom en vul die gaping in gebed. Soos Yeshua nou vir ons intree as Hoëpriester, is ons geroep om saam met Hom te bid. Ons is priesters in Sy huis, afgesonder om voor Sy aangesig te staan, die verbond te dra, en in Sy Naam te seën. Dit is jou roeping – wees getrou.Is jy bereid om in die gaping te staan vir ander? Word ’n intersessor in diens van Abba Vader!

SABBAT DIENSTE
Van Skaduwee tot Vervulling | Sabbat Diens | 29 November 2025
01:28:53
Geseënd in Teenstand: Die Keuse van Jakob en die Lewe van ‘n Dissipel
01:37:23
Wat Jou Hart Kies, Bepaal Jou Toekoms | Sabbat Diens | 15 November 2025
01:17:41
Storms van Geloof | Sabbat Diens | 8 November 2025
01:19:47
Lech Lecha "Gaan jy uit" | Sabbat diens | 1 November 2025
01:14:45
'n Heilige lewe in 'n gebroke wêreld | Sabbat diens | 25 Oktober 2025
01:03:42
'n Heilige Lewe in 'n Gebroke Wêreld | Sabbat Diens | 25 Oktober 2025
15:31
Twyfel of Waarheid | Sabbat Diens | 18 Oktober 2025
01:27:21
WOORD VAN BEMOEDIGING
Maak Jou Skuif: ’n Stap van Geloof | Woord van Bemoediging
03:23
Delete jou Gister | Woord van Bemoediging
05:24
Vergifnis... en wanneer om te loop | Woord van Bemoediging
08:44
Skakel 333 | Woord van Bemoediging
05:32
Laat jou Lig Skyn | Woord van Bemoediging
05:58
Hou Goeie Moed | Woord van Bemoediging
05:20
Jou deelname | Woord van Bemoediging
06:10
Tasse van die verlede | Woord van Bemoediging
04:33
Bly in kontak deur in te teken om ons e-posse te ontvang.

Baie dankie!

bottom of page