Slide Background

Dienstye
Saterdae 9:00 - 11:00

VERLOSSING

Om verlos te word van dit wat jou bind in slawerny om die skeppingsdoel te leef wat Vader nog altyd vir jou het.

 

AANBIDDING

Om in Waarheid en in Gees te aanbid en Sy tasbare, manifesterende teenwoordigheid te ervaar

 

WOORD

"Dit is die eer van God om 'n saak te verberg, maar die eer van konings om 'n saak na te speur"
Spr 25:2

 

hope houtkruis

Ons almal voel soms

- Skaam, skuldig en naak

Elkeen van ons voel soms skaam, skuldig en naak êrens in ons lewens want ons is mens en maak foute, maar Vader roep ons om Hom te nader ten spyte daarvan.

- Leeg

Miskien voel jy leeg want dit voel as jy ver is van Abba Vader en nie Sy stem hoor nie.

- Oorweldig

Dalk wil jy graag dieper delf in die Woord maar jy voel oorweldig en weet nie waar om te begin nie

Slide

"Om in Vader se Woord in te delf is om van daai “Lewende Water” te drink waarvan Yeshua praat. Hoe meer ek dit drink, hoe meer dors ek vir daai water!"

Michael Steyn

Slide

""Wat vir my uitstaan van die liggaam is 4 jaar terug toe ek die eerste keer ingestap het by Houtkruis, wat nog toe by Doodle Shack was, het ek nie die gevoel van kerk gekry nie, maar van ‘n geestelike familie waar almal mekaar drukkies gee en lag en gesels met mekaar. Waar jy as jy iets het wat pla enigetyd met Roelf kan gaan praat en hy sommer dadelik vir jou bid. Ek het nie daai gevoel gekry van jy sit in kerk en wag vir pastor om in te stap nie. Nee, daar is ‘n verhouding met mekaar. So as jy tonne drukkies en liefde en geestelike groei soek na YHVH se waarheid is Houtkruis virseker ‘n plek om by te wees – ‘n Geestelike familie van Abba"

Pierre Swart

Slide

""Waar begin mens, behalwe om te sê dankie ABBA vir U liefde en genade. Ek het ABBA nog my hele lewe lank lief maar het altyd iets gekort, ‘n leemte wat ‘n groot struikel blok in my lewe was. Maar so het ons almal ons pad wat ons loop en ek het met ‘n draai geloop en uiteindelik by die Tabernakel van Houtkruis uitgekom, waar ek tot die besef gekom het hierdie is waar ek die leemte in my hart kon vul. Ons is genooi om die toer deur die Tabernakel te doen, gelei deur Roelf. En dit is hier by Houtkruis Gemeente waar ek ‘n verskil ervaar het. Toe ek daar in gestap het, het ek dadelik die warmte van ABBA se liefde ervaar. Ek het tot ‘n besef gekom wat ek al die jare gemis het. By Houtkruis het ek my ideniteit in ABBA geleer, die waarhede van Sy woord en dat daar net een weg is, die weg van die Waarheid. Die passie waarmee Roelf ons leer inspireer my om ‘n dieper verhoudig met ons Hemelse Vader te hê. Hier by Houtkruis word ons geleer om ons lampe vol olie te hou en gereed te wees wanneer ons Bruidegom Yeshua ons kom haal. Hier is jy nie net ‘n lid nie, maar jy behoort aan ‘n familie wat streef na ‘n dieper verhouding met ABBA."

Bonita van Rensburg

previous arrow
next arrow

Hoe word jy deel?

1

REGISTREER

Voorsien jou naam, epos en selnommer

2

ONTVANG WOORD

Ontvang daaglikse dagstukkies op WhatsApp

3

BELEEF VERANDERING

Die Lewende Woord het die krag om lewens te verander

 

By Houtkruis weet ons dat jy in volle vennootskap met Abba Vader wil stap. Om dit te doen moet jy toegerus wees met ‘n dieper kennis van Sy Woord. ‘n Algemene probleem is dat daar onrealistiese verwagtinge geskep word wat jou skaam, skuldig en naak laat voel.  Ons voel dan ook dat ons nie genoeg groei in intimiteit met Hom nie, maar by Houtkruis glo ons dat jy in Abba se beeld geskape is – uniek volgens skeppingsdoel.  Ons verstaan dat dit oorweldigend kan wees en dat dit jou skuldig of moedeloos kan laat voel.  Daarom het Abba dit op ons harte gelê om ‘n plek te skep waar jy kan deel word van ‘n geestelike familie wat jou toerus in Sy Woord, opbou en ondersteun en as sulks help om jou skeppingsdoel te ontdek.

Houtkruis Gemeente

Wat kan jy verwag van Houtkruis?

Ons verstaan dit is ‘n groot besluit om jou lewe te verander en tyd af te staan, so vul jou besonderhede hier in en laai gerus die volgende 3 videos gratis af om ‘n voorsmaak te kry van watse diepte daar in die Woord is:

Spreuke

Laai video af

Bereshit

Laai video af

Wat ons glo

Laai video af

This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.  |  082 852 0544
Plot 200, Boschkop Road, Zwavelpoort, Pretoria

X

Right Click

No right click