Teken In

Login to your account

Username *
Password *
Remember Me

This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.  |  082 852 0544  |  facebook houtkruis

Ope ‪12:11‬
“En hulle het hom oorwin deur die bloed van die Lam en deur die woord van hulle getuienis, en hulle het tot die dood toe hulle lewe nie liefgehad nie”.

Waardeur gaan jy wat jou so moedeloos maak? Jy probeer so hard maar niks werk nie? Dalk bid jy al vir 12 jaar …. en nee niks gebeur nie! Hierdie siekte kry jou net onder? Jy is moeg geveg? Jy is moedeloos? Jy sien, ons almal word moedeloos van tyd tot tyd, maar ek en jy het ‘n keuse hoe ons reageer as ons moedeloos word. Die vraag is hoe reageer jy as jy moedeloos en oorweldig is? Abba Vader leer my van drie sleutels om moedeloosheid te voorkom en te oorkom in ons daaglikse lewe. Sleutel No 1 is 'n Abba Vader ingesteldheid. Dit is om my en jou fokus te rig op Abba Vader soos Dawid. Sleutel No 2: Realistiese verwagtinge. My en jou verwagtine moet realisties wees. Die oomblik wat Abba Vader vir my en jou ‘n droom gee gaan daar ‘n geveg wees maar ons gaan wen!! Daar gaan 'n geveg wees ... en dan gaan ons wen. Toe Abba Vader vir Dawid salf as koning... net daar was die reus, die Goliat in Dawid se lewe, reeds gewen. Net so het Abba Vader ‘n droom vir jou lewe ….. weet daar gaan 'n geveg wees …. maar jy gaan wen! Die grootste skeisake vandag is tussen 20 en 25 jariges en dis omdat hulle getroud raak met onrealiste verwagtinge. Die vyand gaan jou veg vir jou beloofde land wat Abba Vader vir jou het, inteendeel hy gaan reus na reus na reus na jou toe stuur om jou uit jou beloofde land te hou, maar jy gaan elke reus verslaan want daar gaan 'n geveg wees en jy gaan wen. Elke goeie ding wat jy wil doen as kind van Abba Vader - weet daar gaan 'n geveg wees en as daar nie 'n geveg is nie dan loop jy in 'n verkeerde rigting. Met ander woorde my en jou verwagtinge moet realisties wees en dis die tweede sleutel om mishoedigheid of moedeloosheid te oorkom.

Sleutel No 3: Geloof in Abba Vader se genade. Het jy al hieroor gedink - wat het vir Dawid gekwalifiseer om koning van Israel te word? Niks menslik het Dawid gekwalifiseer nie. Dawid was nog 'n jong onopgeleide seun, hy het nie agtergrond in die regering of finansies gehad nie. Niks anders het Dawid gekwalifiseer as Abba Vader wat Hom gekies het nie. Dawid het 'n hart vir Abba Vader gehad maar Dawid was net mens met sonde in sy lewe. Dawid het probleme gehad net soos ek en jy. Dawid was nie gekwalifiseerd nie. Net die genade van Abba Vader het hom gekwalifiseer. Jy sien, genade is alles oor Abba Vader en oor Abba Vader se goedheid. Prestasie is alles oor my en jou en hoe gekwalifiseerd ek en jy is en hoe goed ons doen. Abba Vader besluit soms om in Sy soewereiniteit om ander mense meer as sommiges te seën. ‘n Voorbeeld: In die gelykenis in Matteus 20, vertel Yeshua, het die grondeienaar werkers gaan huur, vroeg die oggend ‪06h00‬ om op sy wingerd te gaan werk en nadat hy met die werkers / arbeiders ooreengekom het vir ‘n penning op ‘n dag, stuur hy hulle in sy wingerd in. Daar het, ‪09h00‬, ‪12h00‬ en ‪15h00‬, nog werkers gekom om te help met al die werk op die wingerd. Teen die einde van die dag het almal dieselfde loon ontvang!! Dieselfde Loon!! Die werkers wat eerste gehuur was het begin kla, want vir hulle was dit onaanvaarbaar en die grondeienaar sê vir hule in Matteus ‪20:13-15‬: "Vriend ek doen julle geen onreg aan nie. Het jy nie met my ooreengekom vir ‘n penning nie? Neem dan wat joune is en gaan heen. Ek wil aan hierdie laaste een gee net soos aan jou. Of staan dit my nie vry om met my eie goed te maak wat ek wil nie? Of is jou oog verkeerd omdat ek goed is?” Abba Vader vra ook vir my en jou die vraag: “IS JY, Roelf, JALOERS EN AFGUNSTIG OMDAT EK GOED IS?" Hoeveel keer voel ons so teneergedruk en neerslagtig omdat Abba Vader iemand ander seën? Jy sien ek en jy sal krediet vir elke enkele dingetjie wat ons gedoen het in die hemel ontvang. Abba Vader seën ons soos Hy goed dink en dis nie altyd op die manier wat ons verwag nie. Abba sê in Sy Woord wat jy saai sal jy maai!! Abba seën ons soos Hy wil. Ons verdien niks van dit nie en in Sy genade gee Hy soos Hy goed dink - vir ons om te gebruik vir Sy Koningkryk en tot Sy eer.

Soms wil Abba Vader salwing , outoriteit en ‘n posisie aan ‘n individu gee wat dit tegnies nie verdien nie, volgens my. Sy Woord verklaar dat dit Sy reg is. Hy kan doen wat Hy wil met Sy skatte. Hy kan doen wat Hy wil met Sy salwing. Abba Vader kan enige iemand bevorder vir wie Hy wil. Die vraag is: Wie is ek en jy om Abba Vader te bevraagteken en wie sê vir my en jou nie waardeur die persoon gegaan het wat die seëninge ontvang het nie? Het die Pottebakker nodig om aan die klei te verduidelik? Wie is die klei om die Pottebakker te bevraagteken? Baie keer in die liggaam van Yeshua werk ons as mens nog vir prestasie. Dis soos 'n punte stelsel, as ek baie goed doen dan verdien en verwag ek goed. As ek nie baie betrokke is nie of doen nie goed nie dan verdien ek nie goed nie. Met die gevolg is ons probeer om die heeltyd goed te doen om deur ander raakgesien te word en wat gebeur is dan roei ons so hard soms om goed te doen dat ons maklik uitbrand. Hierdie gebeur wanneer ons nie op Abba Vader se genade staat maak nie en alles self wil doen. Abba Vader leer my in plaas daarvan om so hard te roei en baie goed te doen om deur ander raakgesien te word, luister eerder na My stem. Ja, Abba Vader leer my dit gaan nie oor jou prestasie nie maar oor jou gehoorsaamheid. Prestasie en aansien gaan oor my en jou, gehoorsaamheid gaan oor Abba Vader. Prestasie is oor my en genade is oor Abba Vader. Dawid sê in Ps 59:10 “My genadige God sal my tegemoetkom; God sal my op my vyande laat neersien. “ Dawid sê dit nadat Saul se manne Dawid se huis omring het om hom te kom dood maak - “My genadige God sal my tegemoetkom”. Dawid weet dit gaan alles oor Abba Vader se genade. Wat beteken dit as Dawid sê: “My genadige God sal my tegemoetkom? Dit beteken ek verdien nie om gered te word deur Abba Vader nie. Ek verdien nie om gebruik te word as instrument in Abba Vader se hande nie. Ek verdien nie enige iets nie. Alles wat goed is in my lewe wat ek kry is 'n gratis geskenk van Abba Vader se genade. Dawid sê ek verdien niks nie en die enigste ding wat ek kan doen is om Abba Vader te aanbid en om Hom te gehoorsaam.

In tye in my en jou lewe wanneer alles verkeerd loop kom die vyand altyd en maak asof dit gaan oor ons. Die vyand daag op en sê dan: “jy doen nie goed genoeg nie, jy is 'n mislukking, jy is oneffektief of Abba Vader kan jou nie gebruik nie.” In hierdie tye is die manier hoe ek en jy die vyand oorwin deur die bloed van die Lam en deur die woord van ons getuienis. Jy sien wanneer die vyand kom om ons te veroordeel, sleg sê en ons waardeloos te laat voel kan jy vir hom sê: “ek hoef nie te kwalifiseer nie want deur die bloed van die Lam kwalifiseer ek en ek is vry en staan ek jou teë in die Naam van Yeshua Ha-Mashiach. Vyand ek staan jou teë en jy sal nie hierdie oor my maak nie, dit gaan nie oor my nie, ek weet ek is swak, ek weet ek ken nie genoeg nie, of is nog onervare maar ek dien 'n genadevolle Abba Vader. My God van genade is genadevol en ek sal dit nie meer langer maak oor my nie, dit gaan nie oor my nie maar oor my Abba Vader. Ons almal raak moedeloos met tye maar dis my en jou keuse of ons daar gaan bly of nie? Gaan jy verder insak en sit en moedeloos wees of gaan jy opstaan en "fight"? Want daar gaan 'n "fight" wees maar jy gaan wen!! Deur Yeshua se bloed is ek en jy oorwinnaars!! You are an overcomer!! Waardeur jy ookal vandag gaan moenie moedeloos wees nie, staan op! You are called, You are an Overcomer!! Daar gaan 'n geveg wees maar jy gaan wen!!

IMG 20171203 WA0004

Kom ons bid saam:
Abba Vader, Koning van alle konings ek loof en prys U. Vader dankie vir U Seun Yeshua se bloed. Dankie vir U genade. Dankie dat ek instaat is tot enige iets met U wat my die krag gee. Kom was my skoon met U Seun Yeshua se bloed en kom blaas U asem binne-in my. Kom leef U droom deur my!! Dankie dat ek ‘n oorwinnaar is in Yeshua Ha–Mashiach se Naam, die Seun van Yahweh. Amen. Shalom.

Audio Boodskap

X

Right Click

No right click